Erasmusprys

 Erasmusprys 

Kenteken van die Erasmusprys
Kenteken van die Erasmusprys
Toegeken vir Noemenswaardige bydrae tot die Europese kultuur, samelewing of sosiale wetenskap
Borg Praemium Erasmianum-stigting
Land Vlag van Nederland Nederland
Eerste toekenning 1958
Webtuiste erasmusprijs.org

Die Erasmusprys is een van Europa se mees gesogte eerbewyse. Die Nederlandse Praemium Erasmianum-stigting ken dit jaarliks toe aan mense of instellings wat 'n buitengewoon belangrike bydrae op kulturele, maatskaplike of sosiaal-wetenskaplike gebied gelewer het. Die prys is na die Nederlandse Renaissance-humanis Desiderius Erasmus genoem. Die prysgeld beloop tans (2015) €150,000.

Die Erasmusprys van 2015 is aan die Wikipedia-gemeenskap toegeken.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search